Kleuter fase of voorskoolse fase

Fisiese ontwikkeling:

Kinders is baie besig in hierdie lewensfase. Dit dra by tot die vinnige fisiese- en biologiese ontwikkeling in hierdie lewensfase. Dit sluit in groei in lengte, gewig, proporsie, spier- en been-groei, verlies van baba-tande en groei van permanente tande, brein ontwikkeling, perseptuele ontwikkeling en fyn- (gebruik van fyn spiere in hande en vingers) en groter motoriese (gebruik van groot spiere wat bv. gebruik word om te klim, spring en te hardloop) ontwikkeling.

Fisiese ontwikkeling beïnvloed kognitiewe-, persoonlikheids- en sosiale ontwikkeling.

Verstandelike ontwikkeling

Ons kan praat van ’n fase van onlogiese denke. Verstandelik ontwikkel kleuters in hierdie fase ’n meer gesofistikeerde en georganiseerde denkvermoë. Die driejarige kan twee aksies beskryf, die vierjarige kan ’n paar meer dimensies byvoeg en die sesjarige kan detail weergee en nog dinge soos voorsorgmaatreëls. Kleuters in hierdie fase is konstant besig om hulle kennis oor hulle fisiese- en sosiale wêreld uit te brei. 

Emosionele- en Sosiale ontwikkeling

Kleuters se verhoogde verstandelike en sosiale ontwikkeling dra by tot die veranderinge in hulle emosionele ervarings. Basiese emosies en emosionele uitdrukkings soos vreugde en hartseer,  wat in die baba-fase voorgekom het, word nou baie meer uitgebrei om ander emosies soos teleurstelling, skuld, skaamte, jaloesie en trots ook in te sluit. Kleuters raak ook al meer bewus van hul eie en ander se gevoelens en leer om uitdrukking te gee aan hulle emosies bv. tong uitsteek ens. Hulle pas ook in die fase aan om hulle emosies meer te beheer. ’n Mate van selfevaluering vind ook in die fase plaas waar hulle hul eie gedagtes, planne, behoeftes en gedrag evalueer teenoor dit wat beskou word as sosiaal aanvaarbaar. Daarom vermy kleuters gedrag wat negatiewe emosies by ouers of versorgers ontlok en herhaal gedrag wat lof en blydskap veroorsaak. So werk trots ook bv. na die bereiking van ’n taak. Hierdie in-kontak-kom met hul eie emosies, speel ook ’n belangrike rol in die kleuters se vorming van hulle morele gedrag bv. hulle mag skuldig voel na ’n oortreding en besluit om soortgelyke gedrag in die toekoms te vermy.

In die fase begin kleuters ’n groter verstaan van hulleself en verhoudings met ander ontwikkel. Ontwikkeling in selfbeeld en selfwaarde begin ook in hierdie fase. Die selfbeeld en selfwaarde is positief wanneer dít wat hulle doen en die karaktertrekke wat hulle uitleef goed en aanvaarbaar is en dis negatief  wanneer hulle ontevrede is met wat hulle doen en die karaktertrekke wat hulle uitleef. Daar is ’n baie noue verband tussen ouers en versorgers se reaksie op wat hulle doen en hulle karaktertrekke en hulle selfwaarde.  Die mate van selfaanvaarding en selftevredenheid speel ’n verskriklike belangrike rol in die persoonlikheids ontwikkeling en beïnvloed alle aspekte van hulle latere ontwikkeling. Kinders met ’n lae selfbeeld en –waarde, het gewoonlik hoë vlakke van angs en sal gewoonlik in die volgende lewensfase swak skoolprestasies vertoon en nie maklik sosiaal aanpas nie. Kleuters het oor die algemeen ’n baie goeie selfbeeld of hoë selfwaarde, want hulle vergelyk en evalueer nog nie hulleself met en teen ander nie.

Kleuters se selfbeeld is nog nie so duidelik omlyn soos die van kinders in die volgende lewensfase nie. Hulle kan ook nie onderskei dat hulle op sekere gebiede beter as ander is nie en dat dit goed is so nie. Dié vaardigheid ontwikkel eers na sewejarige ouderdom. Kleuters  sal altyd glo dat hulle alles goed kan doen. Hierdie hoë selfwaarde speel ’n baie belangrike rol in hierdie lewensfase omdat hulle ’n verskeidenheid van nuwe vaardighede moet bemeester en hierdie positiewe uitkyk dra by dat hulle die vaardigheid van gedrewenheid of eie inisiatief ontwikkel.  Kleuters ontwikkel ’n geslagsidentiteit rondom die ouderdom van drie en aan die einde van die kleuterjare konstantheid wat tipiese van seuns en dogters gedrag betref.

Verhoudings binne die primêre familie speel ’n krities belangrike rol in hierdie lewensfase. Daar is steeds ’n baie noue band van afhanklikheid in hierdie lewensfase, alhoewel dit nie meer so sterk is soos by die Baba-fase nie. Ouerskapstyle speel ’n ongelooflik belangrike rol in die ontwikkeling van kinders. Hieronder word enkele gedagtes gegee oor ouerskapstyle wat vir almal baie waarde kan toevoeg om eie gedragstyle te evalueer en te kan aanpas waar nodig.

Gesinsverhoudings en veral die verhouding van kinders binne ’n huis, speel ook ’n baie belangrike rol in die sosiale ontwikkeling van kleuters. Kleuters se interaksie-vaardighede in die huis verhoog en versterk hulle interaksie-vermoë met ander  kleuters van hulle eie postuur. Vaardighede soos selfbewustheid, kommunikasievaardighede, luister en verstaan van ander se gedagtes en gevoelens, word op ’n natuurlike wyse aangeleer. Speel is ook een van die maklikste maniere hoe ontwikkeling op alle vlakke van ontwikkeling gestimuleer word.

Ouerskapstyle

Wanneer kleuters meer onafhanklik begin optree, ontstaan konflik tussen ouers en kinders vanselfsprekend.  Ouers reageer verskillend op die groeiende onafhanklikheid van kleuters. Ouers kies gewoonlik, bewustelik of onbewustelik, ’n styl van optrede wat aan hulle bekend is en in die meeste gevalle die styl van hul eie ouers. Psigoloë het probeer om die ouerskapstyl te identifiseer wat voordelig is vir kleuters en kinders se ontwikkeling. Hier volg Diana Baumrind se dimensions of family functioning:

Die kombinasie van die volgende eienskappe of dimensies, speel ’n belangrike rol in ouerskap:

  • Warmte en begeleiding – Kleuters met warm, liefdevolle ouers wat deurgaans begeleidend optree voel gewoonlik baie meer veilig en is baie meer geheg aan hulle as kleuters wie se ouers koud en onbetrokke is. Geborge kinders ontwikkel ook baie meer normaal in die meeste areas van ontwikkeling. Hierdie warmte en geborgenheid dien ook selfs as ’n buffer teenoor negatiewe effekte soos ’n minderbevoorregte omgewing van bv. armoede en slegte woonbuurtes.
  • Duidelike grense en konstantheid – Ouers wat duidelike grense stel en dit konstant toepas, het gewoonlik kinders wat minder uitdagend en negatief is. Die vorm van kontrole is net so belangrik. Die beste resultate met kinders kom voor wanneer ouers nie oorbeskermend is nie, goed aan kinders verduidelik en die gebruik van fisiese straf vermy.
  • Verwagtings – Ouers met hoë verwagtings van hulle kinders tov hulle optrede teenoor ander, vaar gewoonlik beter, spesifiek wat selfwaarde en onselfsugtigheid betref.
  • Kommunikasie – Gereelde en oop kommunikasie tussen ouers en kinders het beslis baie positiewe resultate. Luister na jou kind is net so belangrik as om met hom/haar te praat. Op die manier word aan die kind oorgedra dat wat hy/sy wil sê, is belangrik vir die ouer is. Waar kinders op die manier grootgeword het, is hulle gewoonlik meer emosioneel en sosiaal volwasse as ander kinders.

Vier style van ouerskap word uitgebeeld in die volgende skema:

Struktuur en begeleiding/ Kontole en bevel

LAAG                                           HOOG

                 Warmte enOndersteuning

(aanvaarding)

   LAAG           HOOG ToegeeflikKoester GesaghebbendWederkerige verhouding
OnbetrokkeIgnorering OutoritêrGesag agdwing

 

Gesaghebbende styl – Hierdie styl is hoog in al vier bogenoemde dimensies. Dit sluit ’n hoë vlak van aanvaarding  en betrokkenheid, aanpasbare- en kontroletegnieke en toelating van toepaslike onafhanklikheid in. Hierdie ouers kommunikeer warmte en sensitiwiteit  tov hulle kinders se behoeftes, maar stel ook duidelike grense. Hierdie styl word beskou as die mees suksesvolste benadering tot opvoeding en word gesien as die hoofrede vir bekwaamheid in die kinder- en adolessente jare. Dit sluit in ’n positiewe uitkyk, selfbeheersing, volharding met en afhandeling van opdragte, samewerking en dissipline, sosiale en morele volwassenheid en goeie vordering op skool.

Outoritêre styl – Hierdie styl is hoog in kontrole  en verwagtings, maar laag in begeleiding en kommunikasie. Outoritêre ouers kom baie koud  en afkeurend voor; hulle breek dikwels hulle kinders af.  Om kontrole te handhaaf skree, beveel en kritiseer hulle gereeld. Wanneer ‘n kind nie doen soos hulle sê nie, beweeg hulle onmiddelik na dwang en straf.  Kinders reageer oor die algemeen baie negatief op hierdie styl van ouerskap: hulle is geneig om ongelukkig en angstig te wees, wys hoë vlakke van agressie en uitdaging en is geneig om afhanklik te wees en oorwedig te word deur take en opdragte.

Toegeeflike styl – Hierdie styl is hoog in versorging, maar laag in verwagtings, kontrole en kommunikasie. Ouers in die styl is gewoonlik warm en aanvaardend, maar baie toegeeflik en onoplettend eerder as om betrokke te wees. Hulle oefen min kontrole uit op hulle kinders se gedrag, met die gevolg dat die kinders baie besluite op hulle eie moet neem op ’n ouderdom waarop hulle nie regtig daartoe instaat is nie. Kinders van sulke ouers is gewoonlik impulsief, ongehoorsaam en rebels. Hulle is ook dikwels geneig om baie opeisend en afhanklik van volwassenes te wees en hulle het gewoonlik minder deursettingsvermoeëns met takies as kinders van ouers wat meer beheer oor hulle kinders neem en beslisde verwagtings aan hulle stel.

Onbetrokke styl – Hierdie styl is laag in aanvaarding en betrokkenheid, maar ook laag in kontrole en beheer. Hierdie ouers is geneig om emosioneel totaal en al los te maak van hulle kinders, gewoonlik as gevolg van hulle eie probleme wat hulle oorweldig of omdat hulle sterk verbind is aan ander meer opwindende aktiwiteite. Hulle is ook geneig om min tyd en energie oor te hê vir hulle kinders se behoeftes. In die ekstreme gevalle verwaarloos hierdie ouers hulle kinders as gevolg van die feit dat hulle hulle totaal ignoreer. Hierdie styl ontwrig byna al die aspekte van ontwikkeling by kleuters en kinders insluitend hulle geborgenheid, verstandelike-, emosionele-, en sosiale vaardighede.

Alhoewel die gesaghebbede styl deurgaans die beste resultate lewer is daar egter spesifieke kulturele skuiwe wat binne ’n sekere kultuur ander style as die mees toepaslike na vore druk. Bv. in ’n hoë risiko gebied, tree ouers baie meer outoritêr op en is hulle baie strenger omdat hulle op ’n baie vroeë ouderdom selfkontrole in hulle kinders wil bewerk om te oorleef.

 

Geloofsontwikkeling:

Die Intuïtief-Projekterende geloofs fase (soos wat Fowler dit noem) val min of meer saam met die kleuterfase 3-7 jaar.  Daar is ook nog geen selfstandige geloof in hierdie fase nie, maar tydens hierdie fase begin die inisiasie proses in die geloof. Hierdie fase is die fantasie gevulde-, na-aap fase waarin die kind kragtig en permanent beïnvloed kan word deur die voorbeeld, gemoedstoestande, dade en stories  van sigbare geloof van die ouers en of primêre volwassenes in die kleuter se lewe. Kleuters voel dus geloofshouding aan en projekteer of boots ’n eie vorm van geloof na. Kleuters begin in hierdie fase metafories te leer.

Uit die kleuters se konkrete ervarings, verhoudings en gebeure, konstrueer hulle betekenis wat gebruik word om God mee te beskryf. Hulle beweeg dus van onmiddellike ervaring en betekenis na verbeeldingryke ervaring en betekenis. Die ouers en familie gaan steeds voort in hierdie fase om die mees betekenisvolle bydrae te lewer op die beelde van God en die geloofswaardes wat die kleuter konstrueer in hierdie fase. Kleuters sal identifiseer met die waardes en geloof wat uitgeleef word binne die betekenisvolle verhoudings waarbinne hulle staan. Hulle sal op ’n diep onbewustelike vlak weet of hulle betekenisvol deel is van die familie van God.

Fisies Verstandelik Sosiaal Morele vorming Geestelik
SPELERBaie enegiek.

Altyd besig.

Word gou moeg

Wil alles “self” doen. Praat aanmekaar.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

VRAENDGedrag word nie net meer bepaal deur stimuli nie, maar ook deur interne aktiwiteite.  Gedrag word sterk bepaal deur nabootsing en antisipasie. Vra “hoekom” en “waarom” vrae om lewe te ontdek. Maak rympies op.

Goeie verbeelding en  fantaseer graag.

Geniet stories.

Kan kort versies memoriseer. Dink baie konkreet/ letterlik.

Aandagspan kort (10 min).

Leer  of moet mens dalk sê kondisionering deur positiewe beloning.

Oorsaak en gevolg dring nou sterk deur.

SELFGESENTREERDaie selfgesentreerd of selfgeoriënteerd, maar kom beter oor weg met ander en begin saam speel. Speel graag huis-huis ens. Leer om te deel en beurte te maak. Wil tevrede stel.

Veiligheid, sekuriteit lê nog sterker in roetine. Dissipline sterk verbind aan vaste grense, vaste roetine. Gedrag word sterk beïnvloed deur positiewe/ negatiewe belonging.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

PRE-MORELE FASEGoed en sleg hang saam met beloning en straf, plesier en pyn of verveling.

Iets is goed omdat ouers of versorgers dit beloon.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

NA-APERDink baie konkreet oor God en geloof. Verstaan geloof as verhouding soos met Pappa en mamma. Kan geleer word om op eenvoudige manier met God te praat: dankie, asseblief. Verstaan reg en verkeerd as iets wat God bly maak en hartseer maak.

Kan eenvoudige Bybelstories volg en verstaan. Oriënteer hulleself in geloof na aanleiding van ouers of primêre versorgers se optrede.