HULPMIDDELS VIR BELYDENISFASE
Om seker te maak jong gelowiges verstaan ten volle wat die belydenisbeloftes aan God behels, is die gemeente se verantwoordelikheid.
Daarom deel ons 3 belangrike aspekte oor belydenisaflegging wat jou groep moet verstaan!
Hierdie hulpmiddels help jou om Bybelkennis aan die kinders en jongmense oor te dra en hulle in hulle geloof te onderrig. Elke graad het ʼn doenboek vir die kinders of ʼn gespreksgids vir die jongmense en ʼn aanbiedersgids vir jou.
Hierdie reeks hulpmiddels help jou om die kinders en jongmense te lei om op ʼn interaktiewe manier self meer oor God en hulle geloof te ontdek. Die deelnemersgidse bevat ʼn wye reeks saamdoen- en ontdekkingsaktiwiteite.
Hierdie kort kursusse help jou om oor spesifieke onderwerpe of temas kategese te hou. Daar is 10 ontmoetings per onderwerp wat geskik is vir ʼn kwartaal. Ons voorsien ʼn gids vir deelnemers en begeleiding vir aanbieders.
ʼn Gids vir jongmense en volwassenes wat belydenis van geloof wil aflê. Hierdie boek fokus op die kern van wat ons glo, en hoe ons dan leef op grond van wat ons glo. Belydenis van geloof vir mense van enige ouderdom.
Die gedagte agter die G8-program is om die leer van die kerk eenvoudig saam te vat. Hierdie ontmoetings gee vir jou ʼn hulpmiddel om geloof werklik te verstaan en dit prakties uit te leef. Pakket sluit in: ʼn Werkboek vir jongmense/volwassenes en ʼn DVD met die handleiding vir aanbieder, videosnitte, hulpmiddels en ʼn kampgids.
Hierdie kursusse fokus op vier temas: verhoudings, vrae, groeipyne en issues. Elk van die vier temas gaan saam met die DVD-snit as agtergrond vir of inleiding tot die betrokke tema. Tydens die kursus kyk die groep na hierdie DVD-snitte en bespreek dan die vrae wat in die handleiding is. Elk van die vier temas word ook aangevul met sewe klanksnitte op ʼn CD.
Altyd daar werk met stories en verhale wat ons help om God raak te sien. Dit is vir laat-hoërskoolleerders en finalejaar-katkisante ontwikkel, maar kan ook suksesvol gebruik word vir kleingroepe wat uit jong volwassenes bestaan.
Altyd daar werk met stories en verhale wat ons help om God raak te sien. Dit is vir laat-hoërskoolleerders en finalejaar-katkisante ontwikkel, maar kan ook suksesvol gebruik word vir kleingroepe wat uit jong volwassenes bestaan.
Bybeldagboek vir die katkisant in die belydenisgroep
Hierdie werkboek bevat 38 lesse, ʼn bylae oor die ander kerke, geloofsvorme en godsdienste, asook die Formuliere van Eenheid.
Handboek vir die kategeet van die belydenisgroep
Die leerplan bestaan uit twee hoofkomponente: die geloofsbelydenis en die tien gebooie. Die handboek bevat riglyne oor die kenmerke van jongmense in die belydenisgroep. Elke ontmoeting is volledig uitgewerk.
Vir algemene navrae, kontak 021 864 8281
Vir bestellings, kontak 021 864 8210 of e-pos [email protected]