Ontwikkelingsfases: Kindfase

Kindfase 6-12 jaar

  • Fisiese ontwikkeling
  • Verstandelike ontwikkeling
  • Sosiale ontwikkeling
  • Geloofsontwikkeling

Hierdie geloofsfase begin om sigbaar te word tussen 5 en 7 jarige ouderdom en duur gewoonlik tot die vroeë adolessensie 11 tot 13 jaar.  Sommige volwassenes word die beste deur hierdie geloofsfase beskryf. Een van die mees belangrikste eienskappe tydens hierdie fase van geloof is wat Piaget konkrete optrede noem: Die gebruik van voorlopige en eenvoudige vorms van redenering op ’n konkrete vlak. Kinders en mense op hierdie vlak van geloof hou van stories maar verstaan dit letterlik. Hulle het ook ’n ingeboude sin vir regverdigheid.

In die hart van elke gemeente se kultuur is ’n “frame of mind” (Myth)  – ’n gemeenskaplike storie wat die identiteite van die lede vorm en hulle leer om die wêreld in verhouding met God te sien. Sonder enige twyfel is een van die grootste take van gemeentes in hierdie fase om geleenthede te skep  waar kinders hierdie storie van die gemeente kragtig as ’n soort voorskou kan hoor, sien en beleef. Die Christelike “frame of mind” behoort in hierdie fase vir kinders geleer en gewys te word en hulle behoort dit te beleef dat dit nie net woorde is nie, maar eg. Nog ’n uitdaging is dat hulle daarmee en met die geloofsgemeenskap kan en wil identifiseer. Wanneer ouers dus besig is om elke dag hulle Christelike waardes uit te leef soos om kos te vat vir iemand wat siek is of te gaan kuier vir sieker of iemand te gaan help wat hulleself nie kan help nie, moet hulle verkieslik hulle kinders saamneem en hulle laat deelneem aan die soort van uitreikaksies. Dit is van die kagtigste maniere van geloofsvorming by hierdie lewensfase. Lees verder>>

Ontwikkelingsfase: Kleuter fase of voorskoolse fase

Kleuter fase of voorskoolse fase

Fisiese ontwikkeling:

Kinders is baie besig in hierdie lewensfase. Dit dra by tot die vinnige fisiese- en biologiese ontwikkeling in hierdie lewensfase. Dit sluit in groei in lengte, gewig, proporsie, spier- en been-groei, verlies van baba-tande en groei van permanente tande, brein ontwikkeling, perseptuele ontwikkeling en fyn- (gebruik van fyn spiere in hande en vingers) en groter motoriese (gebruik van groot spiere wat bv. gebruik word om te klim, spring en te hardloop) ontwikkeling.

Fisiese ontwikkeling beïnvloed kognitiewe-, persoonlikheids- en sosiale ontwikkeling.

Verstandelike ontwikkeling

Ons kan praat van ’n fase van onlogiese denke. Verstandelik ontwikkel kleuters in hierdie fase ’n meer gesofistikeerde en georganiseerde denkvermoë. Die driejarige kan twee aksies beskryf, die vierjarige kan ’n paar meer dimensies byvoeg en die sesjarige kan detail weergee en nog dinge soos voorsorgmaatreëls. Kleuters in hierdie fase is konstant besig om hulle kennis oor hulle fisiese- en sosiale wêreld uit te brei.  Lees verder>>

Ontwikkelingsfases: Pasgebore- en Babafase

Baba-fase (0-2 jaar)

Hierdie lewensfase word in twee gedeel, sodat die ontwikkeling binne hierdie fase meer akkuraat omskryf kan word. Die eerste fase staan bekend as die Neonatale- of pasgebore-fase (eerste vier maande) en die tweede, die baba-fase.

Neonatale- of pasgebore-fase

Fisiese voorkoms: Pasgebore babas is fisies gesproke nie baie mooi nie. Hulle voorkoms word dikwels vergelyk met die van ’n oorwonne bokser: ’n geswelde, pers koppie, ’n breë, plat neus, geswelde ooglede en ingeduikte oogwimpers en skewe ore. Die koppie kan ook aanvanklik ‘’n snaakse voorkoms hê na ’n normale geboorte, maar ouers moet weet dit is heel normaal.

Neonatale- of pasgebore-fase:  Alhoewel hierdie die kortste lewensfase is, vind hier egter drastiese aanpassings plaas wat die oorgang van totale afhanklikheid in die baarmoeder na onafhanklikheid buite die baarmoeder beskryf.

Die belangrikste aanpassings:

  • Bloedsirkulasie: van afhanklikheid vir bloedsirkulasie van die plasenta tot onmiddellike onafhanklikheid na die knip van die naelstring.

 

    • Asemhaling: van afhanklikheid vir suurstof van die plasenta tot onmiddellike onafhanklike asemhaling.
  • Spysvertering: van naelstring-voeding tot geleidelike selfstandige voeding
  • Regulasie van temperatuur: van regulering deur die plasenta en moeder se temperatuur (ongeveer 38⁰C) tot regulering deur die eie vel in ’n koue vertrek (ongeveer 22⁰C). Sweetgaatjies funksioneer eers vanaf die ouderdom van een maand.
  • Senuweestelsel: Die senuweestelsel lyk byna dieselfde as by die van ’n kind en volwassene. Tog is die brein net 25% die grootte van die van ’n volwassene s’n. Die serebrale cortex (buitenste deel van brein verantwoordelik vir denke en probleemoplossing) is nog nie ten volle ontwikkel nie. Reflekse speel egter ’n baie belangrike deel vir die funksionering en oorlewing van die pasgeborene. Van die belangrikste reflekse word in die volgende kolom aangedui:Belangrike reflekse van die Neonatale- pasgebore-fase

 

  •  
 

Refleks

 

Stimulus

 

Reaksie

Ouderdom waarop dit verdwyn  

Waarde

 

 

Babinski-refleks

 

 

Streel van voetsool

 

 

Tone sprei uit soos ’n waaier

 

 

6-12 maande

Onbekend; afwesigheid of latere voorkoms mag dui op nerologiese probleme
 

Moro-refleks

 

Skielike intense stimulus bv. Harde geluid

Strek arms en bene uit en bring arms terug na middellyn in vorm van selfomhelsing  

4 maande

Mag help as baba versorger vashou. Afwesigheid mag dui op nerologiese probleme.  Indien dit aanhou na 9 maande kan dit dui op agterstand
 

Instinktiewe refleks

 

Streel oor wang

Draai koppie in rigting van streling en begin suig  

5 maande

 

 

Help baba om borstepel te vind

 

Suig-refleks

Sit vinger in mond of op lippe  

Begin suig

 

6 maande

Verseker dat voeding kan plaasvind
 

 

 

 

Gryp-refleks

 

 

 

 

Raak palm van hand

 

 

 

 

Gryp voorwerp stewig

 

 

 

 

4 maande

Mag help dat baba ‘bond’ met versorger; berei baba voor vir ‘bonding’; afwesigheid mag dui op nerologiese probleme
 

 

 

Loop- of stap-refleks

Hou baba regop in vertikale posisie met voetjies wat horisontale oppervlak soos vloer raak.  

Begin spontaan vorentoe beweeg asof baba wil loop

 

 

 

3 maande

Berei baba voor om vrywillig later te wil loop; Afwesigheid mag dui op nerologiese probleme.
 

Swem-refleks

Sit baba met magie na onder in water  

Swembewegings

 

6 maande

Poog om te oorleef;Afwesigheid mag dui op nerologiese probleme.

 

  • immuniteitsisteem: van afhanklikheid van ma se teen-liggaampies deur die plasenta tot ’n stelselmatige onafhanklike ummuniteitsisteem. Dit is dus daarom ook belangrik dat pasgeborenes hulle immunisering op die spesifieke tye kry soos wat dit deur die SA departement van gesondheid voorgeskryf word.

 

  •  

Vind leer enigsins plaas in hierdie Neonatale- of Pasgebore fase?

Daar kan twee vorme van leer of gedragvorming geïdentifiseer word in hierdie fase:

  • Kondisionering: Dit is bevind dat wanneer pasgeborenes saggies gestreel word net voordat hulle iets eet, hulle gekondisioneer kan word om net te suig wanneer hulle gestreel word. Daar is ook bevind dat die pasgeborenes se kopbewegings gereguleer kan word wanneer daar kos vir hulle gegee word wanneer hulle hul koppies telkens in ’n spesifieke rigting draai. Pasgeborenes draai hulle koppies baie meer in die rigting waarin hulle kos gekry het.
  • Na-bootsing: Vir lank is geglo dat hierdie ouderdom kinders nie kan na-boots nie, maar dit is bewys dat hulle sekere gesigsuitdrukkings van volwassenes soos mond oopmaak, tong uitsteek kan naboots.

Individuele verskille: Natuurlik is alle pasgeborenes nie dieselfde nie. Daar is verskille in spiersterkte, spoed waarmee hulle beweeg, wyse waarop hulle die bors of bottel benader en suig, hulle sensitiwiteit vir lig, klank en aanraking, hulle vlakke van geïrriteerdheid, slaappatrone en maniere waarop hulle huil. Daar word dikwels gesê: Dit is wel moontlik om jou kind volgens die boek groot te maak, as jy net besef dat elke kleintjie sy eie boek het waarvolgens jy hom/haar moet grootmaak.

Baba-fase

Die baba-fase loop van die Neonatale fase tot aan die einde van die tweede jaar.  Die fase word gekenmerk deur vinnige groei en ontwikkeling in omtrent alle areas. Hierdie is ’n kritiese fase omdat die grondslag van alle gedragspatrone in hierdie periode vasgelê word. Dit is ook ’n gevaarlike stadium omdat lewensgevaarlike ongelukke dikwels voorkom as gevolg van die feit dat die baba nie die vermoë het om die gevolge van hulle optrede vooruit te sien nie. Dit is ook ’n uitdagende fase omdat die baba ’n toenemende dryf het om onafhanklik te wees.

Fisiese ontwikkeling:

Algemene fisiese ontwikkeling: Verskille in die tempo van ontwikkeling van die verskillende liggaamsdele beïnvloed die fisiese proporsies van die liggaam. Bv.  die baba se kop groei baie stadiger as die res van die liggaam. Verandering in gewig gedurende die eerste jaar is selfs nog meer dramaties as veranderinge in liggaamsgrootte. Die sluiting van die kopbeenplate vind ook in die eerste 12 maande plaas. Tande begin hulle verskyning maak tussen die sesde en agtste maand.  Aan die einde van die eerste jaar bereik die brein twee derdes van sy volwasse grootte en aan die einde van die tweede jaar vier vyfdes.

Motoriese ontwikkeling: Motoriese ontwikkeling is afhanklik van totale fisiese ontwikkeling. Om te kruip, loop, klim en gryp, moet hulle eers sekere vlakke van skelet-, senuwee- en spier ontwikkeling bereik. Die volgende voorstelling van die ontwikkeling van beweging is geneem uit Child and Adolescent Development deur Dap & Anet Louw

Persepsuele ontwikkeling

Baba’s ontwikkel perseptuele vaardighede soos dieptepersepsie (uiters belangrik om te keer dat baba in gevaarlike situasies beland en agv geen dieptepersepsie maklik val) en visuele konstantheid (om baba’s te help om kleur, grootte en vorms van objekte te sien as  onveranderlik ten spyte van kleur, grootte en vorms. Bv. as voertuig weg ry van ons, bly voertuig selfde grootte, al word dit kleiner – proporsie perspektief), terwyl verhoogde visuele- (Die fokus van oog ontwikkel baie vinnig in eerste drie maande; Visuele skerpte ontwikkel ook eerste ses maande baie vinnig)  en  gehoorontwikkeling (Pasgeborenes reageer net op harde klanke; op drie maande reageer hulle op sagter klanke en na ses maande is die gehoor byna volledig ontwikkel.) plaasvind.

Verstandelike ontwikkeling

Hierdie fase word die sensories-motoriesefase van verstandelike ontwikkeling genoem (Piaget). Dit beteken leer vind plaas deur die koördinering van motoriese aktiwiteite en sensoriese invoer. Babas leer ook deur kondisionering en herhaling en hulle onthou baie meer as wat aanvanklik geglo is. Hulle geheue isbbaie nou verbind aan hulle omgewing (konteks) en toon verbetering soos wat hulle groter word. Taalontwikkeling by babas gaan deur verskillende fases (ongediffferensieerde huil tot een maand), gedifferensieerde huil tot twee maande, babataal en gebrabbel tussen 2-6 maande, omruiling van letters bv l in plek van r tussen sewe en agt maande, klanknabootsing tussen nege tot tin maande, enkelwoord sinne van ongeveer een jaar af, vol sinne van omtrent 21maande af). Meertaligheid op vroeë ouderdom het sekere voordele, maar kan ook nadelig wees.

Persoonlikheidsontwikkeling

Persoonlikheid verwys na die unieke en konstante manier waarop ’n individu  voel, dink en optree.  Die babafase is ’n baie belangrike fase in die persoonlikheidsontwikkeling van ’n individu, veral omdat die fondament van enige verdere ontwikkeling gedurende hierdie fase vasgelê word. Die manier waarop ons ons emosies  uitdruk is deel van ons persoonlikheid. Basiese emosies is deel van elke baba baie gou na geboorte terwyl emosies wat oor hulself en ander errs later ontwikkel. Emosionele kommunikasie tussen ouer en kind is belangrik vir enige baba en kleuter s sosiale n emosionele ontwikkeling. Die vermoë om emosies te beheer ontwikkel gedurende die babafase. Suksesvolle beheer van emosies word as ’n belangrike ontwikkelingstaak van kleuters beskou. Temprament word ook baie nou verbind aan bersoonlikheid omdat dit spesifiek te doen het met die ervaring en uitdrukking van emosies. Verskillende kategorieë van temprament is al onderskei. Die temprament hang grootliks saam met hoe die baba inpas in sy of haar omgewing (ouers se persoonlikheid, verwagtings en wense). Harmonie in hierdie omgewing lei gewoonlik na ’n positiewe temprament en disharmonie na ’n negatiewe temprament.

Die selfbeeld gaan oor ’n persoon se beeld van hom of haarself.  ’n Babe se selfbeeld begin by die ontwikkeling van ‘n bewuswording van hulleself. Verskeie faktore dra by tot hierdie bewuswordding en is grootliks die resultaat van verstandelike ontwikkeling en ontdekking van hulle eie liggaam. Die kwaliteit van versorging speel ook ’n kritiesebelangrike rol in die ontwikkeling van ’n positiewe selfbeeld in latere jare.

Sosiale ontwikkeling

’n Baba se eerste sosiale vderhouding is die ment sy of haar ma of primêre versorger. Hierdie eerste verhoudingsband is belangrik vir die fisiese, emosionele en sosiale ontwikkeling van die baba. Alhoewel die ma aanvanklik die belangrikste invloed het, is die verhouding met die pa ook baie gou belangrik vir gesonde ontwikkeling. Sosialisering vorm ’n integrale deel van ‘n kind se ontwikkeling en verwys na die proses waardeur die kind leer om by morele norme en standaarde, rolverwagtings en vereistes van sy haar spesifieke familie, gemeenskap en kultuur in te pas. Ouers beinvloed hulle kinders se sosialisering deur direkte onderrig, deur hulle voorbeeld en deur die beheer van hulle kind se sosiale lewe. Dissiplinering van ’n kind begin in die eerste jaar van ’n kind se lewe en sluit in die aanleer van aanvaarbare gedrag en die afleer van onaanvaarbare gedrag.

Maatjies van dieselfde ouderdom in die ontwikkeling van sosiale vaardighede. So maatjie moet vekieslik dieselfde ouderdomsfase en ontwikkelingsfase wees. Hierdie kontak behoort al vroeg in die baba-jare te  begin deur net van ander babas notisie te neem en te reageer op hulle. Wanneer hulle groter word, sal hulle begin om saam te speel waar daar bv. speelgoed is.

Geloofsontwikkeling

Hierdie word die voorbereidende – of ongedifferensieerde geloof genoem (Fowler, Stages of faith) en val min of meer saam met die babafase 0 – 2 jaar oud. Daar is nog geen selfstandige geloof van enige aard nie. In hierdie voorstadium van ongedifferensieerde geloof word die saadjies van vertroue, moed, hoop en liefde vasgelê op ’n ongedifferensieerde manier en wedywer dit met ervarings van verwerping, onstabiliteit en verwaarlosing binne die baba se leefwêreld. Die kwaliteit van die verhoudinge en die sterkte van vertroue, hoop en moed (of die gebrek daaraan) wat in hierdie fase ontwikkel word, vorm die basis of fondament van alles (of bedreig en ondermyn alles) wat later in geloofsontwikkeling plaasvind.

 

Die ontluikende kwaliteit van die geloof in hierdie fase is die produk van basiese vertroue en dit wat ervaar word in die wedersydse verhouding met die persoon/e wat primêr verantwoordelik is vir liefde en versorging. Ouers of primêre versorgers se rol is om as tussengangers tussen God en die kind op te tree en so God se liefde teenoor die baba te demonstreer.

OPSOMMING:

Eenvoudige opsomming van verskillende fasette van ontwikkeling in hierdie lewensfase (0-2 jaar) is op die volgende bladsy:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Fisies Verstandelik Sosiaal Morele vorming Geestelik
AKTEUR

Leer deur ontdek en speel. Hou van ritme en rym.

ONTDEKKER

Leer & ontdek deur herhaling. Benodig bekendheid (Bekende plek en – persoon). Beperkte woordeskat. Kort aandagspan. Baie beïnvloedbaar, nuuskierig. Leer deur vyf sintuie.

Druk eie wil met “tantrums” uit. Kan nog nie oorsaak en gevolg lekker by mekaar uitbring nie.

 

EIE WÊRELD GEORIENTEERD

Speel alleen/ langs ander op hul eie. Word omgekrap deur enige onveiligheid wat roetine, omgewing en persone betref.

(veiligheid, sekuriteit en wortels van dissipline = vaste roetine)

PRE-MORELE FASE

Baba kan nie onderskei tussen goed en sleg nie. Goed en sleg hang hoofsaaklik saam met ouers of versorgers se reaksie

AANVOELING

Fondament vir geloof word vasgelê.

Skep veilige ruimte van Liefde, vertroue en veiligheid. Ouers se ervaring word aangevoel en op die manier oorgeneem.

Hoe kies en gebruik ek die Bybel in geloofsontwikkeling?

Babafase:

Ek as ouer is die eerste Bybel wat my kind lees!  Babas beleef God dus deur pa en ma se liefde, sorgsaamheid en betroubaarheid. Die fondamente van hulle Godsbegrip word in dié fase vasgelê, daarom behoort ouers alles in die baba se leefwêreld met God in verband te bring (byvoorbeeld. Kyk hoe mooi het God die blommetjie gemaak). ’n Kinderbybel met een, eenvoudige en kleurvolle prent vir elke Bybelverhaal (baie kort), om hulle met die wêreld van die Bybel en die God van die Bybel vertroud te maak, is in die latere gedeelte van die babafase aan te beveel. Doen ook ’n kort (een sin) gebed. Begin sommer baie vroeg al in die baba se lewe om vaste roetine voor slaaptyd vas te lê. Hierdie roetine kan insluit badtyd, storietyd (verkieslik nie ’n video of storie op TV nie), Bybel storietyd, Gebedstyd en dan slaaptyd. Hierdie roetine is nie net belangrik om bepland by ’n Bybelstorie uit te kom nie, maar kommunikeer ook veiligheid en sekuriteit wat die basis van alle dissipline in latere fases vorm. Lees verder>>

Vandag se kinders

KategeseDancingDark-B5Hier is ʼn paar PowerPoint-skyfies uit Dancing in the Dark: Youth, Popular Culture, and the Electronic Media (as ek reg onthou). KLIK HIER om dit gratis aflaaibaar.

Gemeenteleiers kan dit goed gebruik as ʼn afskopplek om oor “vandag se kinders” te gesels. Dit gee hulle die geleentheid om die ouers uit te nooi om met die kategese te help.

Dalk wil jy Sondag in jou erediens ʼn tydjie inruim om mense uit te nooi om binne julle kategesestelsel by kinders en jongmense se geloofsvorming betrokke te raak.

Hoop dit help.
Nico

Kategeseprodukgids

KategeseProdukgidsJeugfokus-produkte is die amptelike produkte wat deur die Kategese-taakspan van die NG Kerk ontwikkel en goedgekeur is, in gesamewerking met Bybel-Media.

Ons is trots om die volgende NUWE PRODUKTE aan julle bekend te stel. Klik hier vir die volledige Kategeseprodukgids.

PLAAS U BESTELLING VOOR 19 NOVEMBER EN ONTVANG EEN VAN DIE VOLGENDE MUSIEK CD/DVD VAN U KEUSE GRATIS.

  • Flam-DVD Brandstof 1 of 2 of 3
  • Vonkk Volume 1 of 2 (elk beskikbaar as CD of DVD)
  • Fluistering
  • F-luister

Plaas jou bestelling by bestel@bmedia.co.za of 0860 26 33 42.

Kategese se sewe fasette

Bybel-Media is ’n belangrike rolspeler in die maak van kategeseprodukte. ‘n Mens kan die veelkantigheid van kategese met drie doelwitte en vier metafore beskryf.

Wat wil ons regkry met kategese?

  • Ons soek materiaal wat jongmense se aandag hou.
  • Ons soek begeleiers wat weet wat hulle doen.
  • Ons soek duidelikheid oor die doel van kategese.

Die vinnige antwoord op die vraag hier bo is natuurlik dat ons mense wil help om in hulle geloofsverhouding met God te ontwikkel. Hierdie ontwikkeling van geloof in ’n mens se verhouding met God, staan as “geloofsvorming” bekend.

Drie doelwitte

Geloofsvorming wil drie dinge in jongmense se lewe bewerk.

1. Creed to believe. Ons wil aan jongmense se geloof diepte gee deur hulle te help om oor verskillende onderwerpe na te dink.

2. Code for the road. Ons wil vir hulle hulpmiddels gee wat hulle sal help om die uitdagings van die lewe aan te pak en te oorwin.

3. Dream to esteem. Ons wil hulle help om ’n droom in hulle verhouding met die Here na te jaag.

Dié najaag van dié doelwitte is ’n lewenslange proses. Kategese is slegs ’n deel hiervan.

Vier metafore: Hoe moet die materiaal lyk?

As gemeentes behoort ons af te vra wat nodig is om geloofsvorming in alle fasette te laat plaasvind. Ons (en die kategesetaakspan) dink ’n gemeente behoort op vier dinge te fokus. Dit word verduidelik aan die hand van vier metafore.

• ’n Kompas. ’n Kompas help jou om rigting te vind. Anders as met ’n GPS, is die paaie nie vasgelê nie. Met ’n kompas moet ‘n mens gereeld kyk en seker maak dat jy steeds in die regte rigting beweeg.

Uitdagings in die lewe werk ook so. Daar is nie altyd ’n klinkklaar en duidelike pad deur ons uitdagings nie. Gelowiges het ’n interne kompas wat hulle help om rigting deur die uitdagings en probleme in die wêreld te vind. ’n Leermeester kan nie vir studente die antwoorde op elke liewe uitdaging gee nie. Hulle kan eerder studente help om hulle keuses op grond van goeie waardes te maak. Hierdie onderskeidingsvermoë is verder diep gesetel in ’n verhouding met God.

• ’n Geloofsvenster. Ons loer deur die venster na die vrae en ant­woorde waarmee die kerk al deur die jare worstel. Mense is geneig om jongmense te vra om die agenda vir gesprekke in kategese te bepaal. “Kom ons praat oor waaroor ‘hulle’ wil praat.”

Dit is ’n wispelturige manier om ’n kurrikulum te bepaal. Van wanneer af weet ons regtig presies wat ons nodig het? Jongmense behoort gehelp te word om ’n basiese begrip van hulle geloofsinhoud te hê.

• ’n Metronoom. Gelowiges het bepaalde ritmes in hulle geloof. Ons vier feeste, tradisies en sakramente. Jongmense moet deel van hierdie ritmes word.

• ’n Vergrootglas. Jongmense moet “in-zoom” op die Bybel en ’n begrip van die groot storielyne hê. Hulle behoort ook ’n basiese kennis te hê om die Bybel verantwoordelik te lees.

Huisgeloof

Wat is die rol van huisgeloof?

’n Halfuur per byeenkoms is nie genoeg om al hierdie komponente vas te lê nie, omdat geloofsvorming in elk geval in alle aspekte van ’n mens se lewe plaasvind.

By die huis word jongmense se geloof gevorm. Goed of sleg. By die skool, langs die sportveld en selfs voor rekenaar- en TV-skerms. Indien ons ernstig oor geloofsvorming is, behoort gemeentes lidmate te ondersteun om in al hierdie fasette gesonde geloofsvorming te hê. Dit beteken dat die kerk vir gelowiges gereedskap gee om in elke situasie gesond in die geloof gevorm te word.

Om dit reg te kry is ouers, gemeentes, gemeenteleierskap, sinodale taakspanne vir kategese en Bybel- Media almal mekaar se vennote.

Wynand van Niekerk is leraar van Monumentpark-gemeente in Pretoria en lid van die taakspan vir kategese van die Algemene Sinode.

Nico Simpson is die Hoof: Publikasies en e-Media by Bybel-Media.

http://jeugfokus.bybelmedia.org.za

Terug Bybel toe!

Gemeentes rapporteer: Ons kinders (en volwassenese) ken nie meer die Bybel nie. Daarom sê die Taakspan van die Algemene Sinode: Terug na die Bybel self!

Vertel die Bybelse verhale uit die Bybel self. Moenie rondspring nie. Neem een groep verhale, plaas dit op een paneel en ‘parkeer’ ‘n ruk daar. Bou dan ‘n groot storielyn uit ‘n paar panele. Plaas portrette van belangrike Bybelkarakters op die regte plekke op die panele. Gebruik nog prente om die verhale en verbande te onthou. Dit is die LP3 benadering (Lyne, panele, portrette en prente).

Om gemeentes te help, is daar so ‘n visuele storielyn, met 12 panele, 30 karakters uit die Christendom en nog prente wat saam met die Bybel gebruik kan word, ontwikkel. Om nog meer te help, word daar ook elke jaar ‘n Handleiding vir leiers en twee werkboekies uitgegee – een vir Graad 1-3 en ‘n tweede vir Graad 4-6.

Oor die volgende drie jaar sal daar nog drie Handleidings met werkboeke verskyn.

Hierdie materiaal is die nuutste materiaal vir die Laerskool-groepering.

‘Real’, nie ‘fake’ nie.

Jongmense sê: Ons is moeg vir fake godsdiens. Die Taakspan van die Algemene Sinode sê: Ons hoor julle. Ons klim saam met julle op ‘n vinnige vlot rivier af en gesels saam oor die Real lewe. Kom ons praat oor dit wat ons glo, die reëls vir die lewe en die drome wat ons najaag.

Om die gesprekke te help vloei, is daar reeds twee Real lewe jaarprodukte wat bestaan uit ‘n Handleiding op CD en werkboeke vir die groepe vanaf graad 7 tot 10. Klik hier vir die produkreeks.

Nog twee uitgawes in die Reeks is in proses, sodat daar op die ou end vir vier jaar Real lewe-materiaal sal wees.

1 2