HULPMIDDELS VIR HUISGELOOF
Ouers het die grootste invloed op hulle kinders se geloofsvorming, vanaf die doopbelofte tot by die belydenis van geloof en selfs daarna. Daarom is Huisgeloof so belangrik.
Sien ons lys van 4 dinge wat in jou huisgesin se geloofsroetine hoort.
Hierdie hulpmiddels help jou om Bybelkennis aan die kinders en jongmense oor te dra en hulle in hulle geloof te onderrig. Elke graad het ʼn doenboek vir die kinders of ʼn gespreksgids vir die jongmense en ʼn aanbiedersgids vir jou.
Hierdie reeks hulpmiddels help jou om die kinders en jongmense te lei om op ʼn interaktiewe manier self meer oor God en hulle geloof te ontdek. Die deelnemersgidse bevat ʼn wye reeks saamdoen- en ontdekkingsaktiwiteite.
Hierdie kort kursusse help jou om oor spesifieke onderwerpe of temas kategese te hou. Daar is 10 ontmoetings per onderwerp wat geskik is vir ʼn kwartaal. Ons voorsien ʼn gids vir deelnemers en begeleiding vir aanbieders.
Families glo saam
Die eerste boek in hierdie reeks wat ouers bemagtig om saam met hulle kinders in hulle geloof te groei. Die praktiese wenke in hierdie boek help gesinne om hierdie 9 geloofsgewoontes in te oefen en deel van hulle alledaagse lewe te maak, om God se teenwoordigheid in hulle daaglikse lewe raak te sien en dit met mekaar te deel.
Families ontdek saam
Die 9 geloofsmomente in hierdie tweede boek in die reeks help families om hulle geloof te verstaan en herinner hulle om die belangrike ervarings tydens hulle lewensreis te vier. Dit help hulle om die gewoonte te vestig om te midde van die alledaagse lewensgebeure God se nabyheid raak te sien en te vier. En dit herinner families dat God saam met hulle op hulle lewenspad stap.
Families vier saam
Die derde boek in die reeks vertel vir gesinne meer oor die agtergrond, betekenis, kleure en simbole van elke seisoen of fees wat deel van die Kerkjaar vorm. Die 9 Kerkjaar-aktiwiteite help gesinne om ’n ritme aan hulle geloofsvorming te gee en bewus te bly van God se nabyheid. Wanneer ons die Kerkjaarseisoene en -feeste saam vier, daaroor gesels en ’n ritueel of aktiwiteit daaraan koppel, raak ons opnuut bewus van God se reis met ons en ons kyk met ander oë na die wêreld.
Families leef saam
Ons huis dien bemagtig ouers om hulle verhouding met hulle kinders te versterk deur verskillende familiegewoontes te vestig. Familiegewoontes help mense in ’n huishouding om beter saam te leef en mekaar te dien. Die 9 ontmoetings in hierdie boek gee aan families praktiese wenke en voorbeelde van hoe hulle die verskillende familiegewoontes in hulle huishouding kan inoefen.
Vir algemene navrae, kontak 021 864 8221
Vir bestellings, kontak 021 864 8210 of e-pos [email protected]