Teken in en ontvang wenke, hulpmiddels en inligting oor kategese

Watter inligting kort jy?

  • Huisgeloof-reeks 1: Ons huis oefen

    Families glo saam

    Die eerste boek in hierdie reeks wat ouers bemagtig om saam met hulle kinders in hulle geloof te groei. Die praktiese wenke in hierdie boek help gesinne om hierdie 9 geloofsgewoontes in te oefen en deel van hulle alledaagse lewe te maak, om God se teenwoordigheid in hulle daaglikse lewe raak te sien en dit met mekaar te deel.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • Huisgeloof-reeks 2: Ons huis vier

    Families ontdek saam

    Die 9 geloofsmomente in hierdie tweede boek in die reeks help families om hulle geloof te verstaan en herinner hulle om die belangrike ervarings tydens hulle lewensreis te vier. Dit help hulle om die gewoonte te vestig om te midde van die alledaagse lewensgebeure God se nabyheid raak te sien en te vier. En dit herinner families dat God saam met hulle op hulle lewenspad stap. 

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • Huisgeloof-reeks 3: Ons huis onthou

    Families vier saam

    Die derde boek in die reeks vertel vir gesinne meer oor die agtergrond, betekenis, kleure en simbole van elke seisoen of fees wat deel van die Kerkjaar vorm. Die 9 Kerkjaar-aktiwiteite help gesinne om ’n ritme aan hulle geloofsvorming te gee en bewus te bly van God se nabyheid. Wanneer ons die Kerkjaarseisoene en -feeste saam vier, daaroor gesels en ’n ritueel of aktiwiteit daaraan koppel, raak ons opnuut bewus van God se reis met ons en ons kyk met ander oë na die wêreld.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • Huisgeloof-reeks 4: Ons huis dien

    Families leef saam

    Ons huis dien bemagtig ouers om hulle verhouding met hulle kinders te versterk deur verskillende familiegewoontes te vestig. Familiegewoontes help mense in ’n huishouding om beter saam te leef en mekaar te dien. Die 9 ontmoetings in hierdie boek gee aan families praktiese wenke en voorbeelde van hoe hulle die verskillende familiegewoontes in hulle huishouding kan inoefen.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • Ds Maartje van der Westhuizen

    Taakspan vir Kategese: Huisgeloof

    Vir algemene navrae, kontak 021 864 8221
    Vir bestellings, kontak 021 864 8210 of e-pos bestel@bmedia.co.za