• Graad 1: Doenboek en Leiersgids

    Kennis-kategese is vir gemeentes wat kies om in hulle kategese bewustelik op die oordrag van inhoud (kennis) te fokus.
    Die reeks Kennis-kategese vervang die bekende reeks boeke wat deur die Kategese-taakspan van die Sinode ontwikkel is. Die volledige reeks boeke is verwerk, bygewerk en vernuwe word. Beskikbaar in Doenboek en Leiersgids.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • Graad 2 Doenboek en Aanbiedersgids

    Die temas wat in elke boek aangeraak word, bly presies dieselfde. Elke kennis-kategesedoenboek help kinders ontdek:

    • wie God is en wat God doen
    • hoe wonderlik God hulle gemaak het
    • hoe hulle deel van God se groot verhaal vorm
    • hoe hulle al hoe meer soos Jesus kan word
    • Die Leiersgids bevat die volledig uitgewerkte aanbieding van elke ontmoeting. 

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • Graad 3 Doenboek en Aanbiedersgids

    Die aanbieding van die ontmoetings is vereenvoudig en die Doenboek is verwerk sodat hedendaagse jongmense daarby aanklank kan vind. In elke Doenboek is daar by elke ontmoeting ʼn aktiwiteit wat die kinders kan doen sowel as ʼn prent wat hulle kan inkleur. Hierdie produkte is spesiaal aangepas met aktiwiteite wat by kinders se ontwikkelingsvlak inpas. Dit word gebruik saam met 'n leiersgids.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • LP3 JAAR 1: Die coolste plan – Junior werkboek

    Ons hoef nie ’n plan te maak om die wêreld heel en nuut te maak nie. Die Here is die Planmaker. Hy het vir Jesus gestuur om die probleem van ons sonde vir ons op te los. Nou nooi die Here ons om opgewonde te wees oor sy plan, om deel van sy plan te word en om dit te help waar maak.

     Die eerste werkboek vir graad 1-3 in die LP3-reeks. Ook  CD met aanbiedersgids.

    Volkleurboek met interaktiewe aktiwiteite.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • LP3 JAAR 2: Wys my die weg – Junior werkboek

    As jy nie weet waarheen jy wil gaan nie, kan jy baie maklik verdwaal. En dit is nie lekker om te verdwaal nie. Jesus nooi jou om sy hand te neem en saam met Hom te stap. Hy sal vir jou die pad wys wat die beste is om op te stap. Wanneer jy saam met Jesus stap, sal jy nooit verdwaal nie en altyd veilig wees.

    Die tweede werkboek vir graad 1-3 in die LP3-reeks. Ook CD met aanbiedersgids.

    Volkleurboek met interaktiewe aktiwiteite.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • LP3 JAAR 3: Ene ore! Nuwe maniere – Junior werkboek

    Hoe voel jy wanneer jy met iemand praat en hulle luister nie na jou nie? Dit is nie lekker nie, of hoe? Die Here praat ook met ons, en Hy is net so hartseer wanneer ons nie luister na wat Hy sê nie. In Ene ore! Nuwe maniere leer ons uit die Bybel en uit die voorbeeld van Bybelkarakters hoe om na die Here te luister en dan nuut te gaan leef.

    Die derde werkboek vir graad 1-3 in die LP3-reeks. Ook CD met aanbiedersgids.

    Volkleurboek met interaktiewe aktiwiteite.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • LP3 Jaar 4: Leef soos Jesus – Junior werkboek

    Wil jy graag vir Jesus beter leer ken? Wil jy luister na alles wat Hy jou wil leer? Wil jy al hoe meer soos Jesus word? En wil jy elke dag al hoe meer soos Hy leef? Leef soos Jesus sal jou help om dit reg te kry. Jy sal in die Bybel ontdek hoe Jesus geleef het. Dan kan jy sy voorbeeld elke dag volg. Die beste nuus is, Jesus het belowe dat Hy by jou sal wees en jou sal help om soos Hy te leef.

    Die vierde werkboek vir graad 1-3 in die LP3-reeks. Ook CD aanbiedersgids.

    Volkleurboek met interaktiewe aktiwiteite.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • LP3 JAAR 5: Wow, dis waar! – Junior werkboek

    God het vir Jesus gestuur om ons te verlos. Jesus help ons om te ontdek God het ons sy kinders gemaak. Wat ’n voorreg is dit om ’n kind van God te wees! Dit neem al ons onsekerheid en bangwees in hierdie wêreld weg. Selfs in die donkerste donker is Jesus by ons. Hy hou ons altyd vas.

    Die vyfde werkboek vir graad 1-3 in die LP3-reeks. Ook  CD met aanbiedersgids.

    Volkleurboek met interaktiewe aktiwiteite.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • LP3 JAAR 6: So is Ek – Junior werkboek

    Leer ken vir Jesus uit wat die Bybel vir ons oor Hom vertel. Wanneer jy weet hoe Jesus as mens op aarde geleef het, kan jy sy voorbeeld volg en elke dag al hoe meer soos Jesus word.

    Die sesde werkboek vir graad 1-3 in die LP3-reeks. Ook  CD met aanbiedersgids.

    Volkleur met interaktiewe aktiwiteite.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • Ds Maartjie van der Westhuizen

    Taakspan vir Kategese: Junior Fase

    Vir algemene navrae, kontak 021 864 8281

    Vir bestellings, kontak 021 864 8210 of e-pos [email protected]