Info

Jeugfokus is Bybel-Media se druknaam vir jeug- en kategeseprodukte. Ons ontwikkel ʼn wye reeks produkte om gemeentes te ondersteun in hulle bediening om doeltreffende onderrig in die Goeie Nuus en die verstaan van die kerk aan kinders en jongmense te bied.

Ons werk ten nouste saam met die geloofsvormingstaakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk. Hierdie span se taak is om navorsing te doen, voorligting te gee en bruikbare materiaal en hulpmiddels binne die raamwerk van die gereformeerde teologie en belydenisskrifte te ontwikkel.

  • Ds Wynand van Niekerk  (Voorsitter/Sameroeper)
  • Ds Johan Avenant
  • Ds Maartje van der Westhuizen
  • Ds Anriette de Ridder
  • Ds Tienie Bosman
  • Annadie Greyling
  • Ds Annelet Slazus (Deeltydse ontwikkelaar)

Vir enige navrae, kontak asb 021 864 8228.