HULPMIDDELS VIR MIDDELFASE
Soms kan dit moeilik voel om al jou kategese-lesse bymekaar te hou. Vergeet jy soms wie by jou les was? Ken jy die inhoud van jou volgende les?
Ons het 10 wenke vir jou kategese “toolbox”.
Pak alles wat jy nodig het in en jy sal gerus voel met die wete dat jy voorbereid is vir elke les.
Hierdie hulpmiddels help jou om Bybelkennis aan die kinders en jongmense oor te dra en hulle in hulle geloof te onderrig. Elke graad het ʼn doenboek vir die kinders of ʼn gespreksgids vir die jongmense en ʼn aanbiedersgids vir jou.
Hierdie reeks hulpmiddels help jou om die kinders en jongmense te lei om op ʼn interaktiewe manier self meer oor God en hulle geloof te ontdek. Die deelnemersgidse bevat ʼn wye reeks saamdoen- en ontdekkingsaktiwiteite.
Hierdie kort kursusse help jou om oor spesifieke onderwerpe of temas kategese te hou. Daar is 10 ontmoetings per onderwerp wat geskik is vir ʼn kwartaal. Ons voorsien ʼn gids vir deelnemers en begeleiding vir aanbieders.
Hierdie kennis-kategese reeeks help jongmense ontdek:
- wie God is en wat God doen;
- wie hulle as God se kinders is en hoe hulle volgens God se wil kan leef;
- hoe hulle as God se kinders saam met ander mense kan leef,
- en hoe hulle as God se kinders in God se wêreld kan leef.
Die leiersgidse wat saam met die drie gespreksgidse (Oranje, Groen en Blou Boek) gebruik word, bevat riglyne om kinders van graad 4-6 te begelei om ’n ontmoeting met God te hê, meer van die Bybel te leer en na te dink oor hoe hulle elke dag kan leef soos die Here in die Bybel van ons vra.
Kennis-kategese is vir gemeentes wat kies om in hulle kategese bewustelik op die oordrag van inhoud (kennis) te fokus. Die volledige reeks boeke is verwerk, bygewerk en vernuwe. Die oorhoofse temas wat in elke boek aangeraak word, is presies dieselfde. Die aanbieding van die ontmoetings is vereenvoudig en die Doenboek is verwerk sodat hedendaagse jongmense daarby aanklank kan vind. Hierdie reeks is spesifiek ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Sinode
Ons hoef nie ’n plan te maak om die wêreld heel en nuut te maak nie. Die Here is die Planmaker. Hy het vir Jesus gestuur om die probleem van ons sonde vir ons op te los. Nou nooi die Here ons om opgewonde te wees oor sy plan, om deel van sy plan te word en om dit te help waar maak.
Die eerste werkboek vir graad 4-6 in die LP3-reeks. Ook CD met aanbiedersgids.
Volkleurboek met interaktiewe aktiwiteite.
As jy nie weet waarheen jy wil gaan nie, kan jy baie maklik verdwaal. En dit is nie lekker om te verdwaal nie. Jesus nooi jou om sy hand te neem en saam met Hom te stap. Hy sal vir jou die pad wys wat die beste is om op te stap. Wanneer jy saam met Jesus stap, sal jy nooit verdwaal nie en altyd veilig wees.
Die tweede werkboek vir graad 4-6 in die LP3-reeks. Ook CD met aanbiedersgids.
Volkleurboek met interaktiewe aktiwiteite.
Hoe voel jy wanneer jy met iemand praat en hulle luister nie na jou nie? Dit is nie lekker nie, of hoe? Die Here praat ook met ons, en Hy is net so hartseer wanneer ons nie luister na wat Hy sê nie. In Ene ore! Nuwe maniere leer ons uit die Bybel en uit die voorbeeld van Bybelkarakters hoe om na die Here te luister en dan nuut te gaan leef.
Die derde werkboek vir graad 4-6 in die LP3-reeks. Ook CD met aanbiedersgids.
Volkleurboek met interaktiewe aktiwiteite.
Wil jy graag vir Jesus beter leer ken? Wil jy luister na alles wat Hy jou wil leer? Wil jy al hoe meer soos Jesus word? En wil jy elke dag al hoe meer soos Hy leef? Leef soos Jesus sal jou help om dit reg te kry. Jy sal in die Bybel ontdek hoe Jesus geleef het. Dan kan jy sy voorbeeld elke dag volg. Die beste nuus is, Jesus het belowe dat Hy by jou sal wees en jou sal help om soos Hy te leef.
Die vierde werkboek vir graad 4-6 in die LP3-reeks. Ook CD aanbiedersgids.
Volkleurboek met interaktiewe aktiwiteite.
God het vir Jesus gestuur om ons te verlos. Jesus help ons om te ontdek God het ons sy kinders gemaak. Wat ’n voorreg is dit om ’n kind van God te wees! Dit neem al ons onsekerheid en bangwees in hierdie wêreld weg. Selfs in die donkerste donker is Jesus by ons. Hy hou ons altyd vas.
Die vyfde werkboek vir graad 4-6 in die LP3-reeks. Ook CD met aanbiedersgids.
Volkleurboek met interaktiewe aktiwiteite.
Leer ken vir Jesus uit wat die Bybel vir ons oor Hom vertel. Wanneer jy weet hoe Jesus as mens op aarde geleef het, kan jy sy voorbeeld volg en elke dag al hoe meer soos Jesus word.
Die sesde werkboek vir graad 1-3 in die LP3-reeks. Ook CD met aanbiedersgids.
Volkleur met interaktiewe aktiwiteite.
Vir algemene navrae, kontak 021 864 8281
Vir bestellings, kontak 021 864 8210 of e-pos [email protected]