• Geloof-speelboek

    Die Geloof-speelboek bevat 24 prettige en maklike aktiwiteite vir kinders om saam met hulle ouers te doen, of alleen as hulle al ouer is. By elke aktiwiteit word ’n storie uit die Bybel vertel wat kinders se geloof in die Here sal versterk. Die aktiwiteit sluit telkens aan by die Bybelstorie.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • Kleuterpret Aanbiedersgids

    24 lesse vir voorskoolse kinders vir gebruik by kategese, kleuterkerk, en so meer. Liana Lourens van Akkerpret-faam het die teks só geskryf dat dit geskik sal wees vir kinders van ongeveer 0-5 jaar oud. Met stories, liedjies, vasleggingsaktiwiteite en duidelike riglyne oor hoe elke les saam met die Akkerpret-DVD’s gebruik kan word.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • Kleuterpret Werkboek

    24 lesse vir voorskoolse kinders vir gebruik by kategese, kleuterkerk, en so meer. Die werkboek bevat vele aktiwiteite vir die kleuters. Die karakters van die Akkerpret-DVD’s verskyn ook in die werkboek.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • Kleuterkerk 1

    Doen-boek en Aanbiedersgids

    20 volledig uitgewerkte ontmoetings vir kleuterkerk of voorskoolse kategese. Eenvoudige Bybelboodskappe gerig op 2-5-jariges met liedjies, aktiwiteite en gebede.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • Kleuterkerk 2

    Doen-boek en Aanbiedersgids

    Nog 25 volledig uitgewerkte ontmoetings vir aanbieders van kleuterkerk of voorskoolse kategese. Dit is 'n ideale hulpmiddel om vir jong kinders te leer Jesus is baie lief vir hulle.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • Kleuterkerk 3

    Doen-boek en Aanbiedersgids

    Soos Kleuterkerk 1 en 2 is hierdie ook ’n uitstekende produk vir kleuterkerk, voorskoolse kategese of ouers wat “huiskerk” met hulle voorskoolse kinders wil hou.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

  • Jong kinders en aanbidding

    In Jong kinders en aanbidding word godsdiensopvoeding en aanbidding geïntegreer. Die aktiwiteite sal kinders van 3-7 help om die geloofslewe op ’n dieper vlak te ervaar. Daar is 39 uitgewerkte lesse, ingedeel volgens elke seisoen in die kerkjaar. Al die hulpmiddels kan uit die boek gefotostateer word.

    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

     

  • Ds Maartjie van der Westhuizen

    Taakspan vir Kategese: Voorskool

    Vir algemene navrae, kontak 021 864 8281

    Vir bestellings, kontak 021 860 8210 of e-pos [email protected]