HULPMIDDELS VIR VOORSKOOL
Is jy ’n kategeet op soek na ’n paar wenke om die kinders en jongmense met die intrapslag welkom te laat voel? Dan is hierdie hulpbron vir jou!
Laai ons gratis gids af en probeer ons 12 maklike wenke!
Hierdie hulpmiddels help jou om Bybelkennis aan die kinders en jongmense oor te dra en hulle in hulle geloof te onderrig. Elke graad het ʼn doenboek vir die kinders of ʼn gespreksgids vir die jongmense en ʼn aanbiedersgids vir jou.
Hierdie reeks hulpmiddels help jou om die kinders en jongmense te lei om op ʼn interaktiewe manier self meer oor God en hulle geloof te ontdek. Die deelnemersgidse bevat ʼn wye reeks saamdoen- en ontdekkingsaktiwiteite.
Hierdie kort kursusse help jou om oor spesifieke onderwerpe of temas kategese te hou. Daar is 10 ontmoetings per onderwerp wat geskik is vir ʼn kwartaal. Ons voorsien ʼn gids vir deelnemers en begeleiding vir aanbieders.
Die Geloof-speelboek bevat 24 prettige en maklike aktiwiteite vir kinders om saam met hulle ouers te doen, of alleen as hulle al ouer is. By elke aktiwiteit word ’n storie uit die Bybel vertel wat kinders se geloof in die Here sal versterk. Die aktiwiteit sluit telkens aan by die Bybelstorie.
24 lesse vir voorskoolse kinders vir gebruik by kategese, kleuterkerk, en so meer. Liana Lourens van Akkerpret-faam het die teks só geskryf dat dit geskik sal wees vir kinders van ongeveer 0-5 jaar oud. Met stories, liedjies, vasleggingsaktiwiteite en duidelike riglyne oor hoe elke les saam met die Akkerpret-DVD’s gebruik kan word.
24 lesse vir voorskoolse kinders vir gebruik by kategese, kleuterkerk, en so meer. Die werkboek bevat vele aktiwiteite vir die kleuters. Die karakters van die Akkerpret-DVD’s verskyn ook in die werkboek.
My Bybelmense-inkleurboek is ’n prettige manier om kleuters en kinders aan 49 belangrike mense in die Bybel bekend te stel. Sonder dat hulle dit besef, leer ken hulle die name en identiteit van Bybelmense wat ’n belangrike rol in die Christelike geloof speel.
Hierdie kaarte is ’n prettige manier om deur spel vir kleuters en kinders aan 49 belangrike mense in die Bybel bekend te stel. Speel-speel leer ken hulle die mense wat ’n belangrike rol in ons geloof speel.
Hierdie speelleer-aktiwiteitsboek bevat 50 selfdoen-aktiwiteite oor sleuteltekste in die Ou Testament van die Bybel. Die aktiwiteite sluit in ontdek-die-verskille, inkleurprente, vind-die-paadjie en kleur-volgens-die-nommers-in.
Hierdie speelleer-aktiwiteitsboek bevat 50 selfdoen-aktiwiteite oor belangrike tekste in die Nuwe Testament van die Bybel. Die aktiwiteite sluit in ontdek-die-verskille, inkleurprente, vind-die-paadjie en kleur-volgens-die-nommers-in.
Doen-boek en Aanbiedersgids
20 volledig uitgewerkte ontmoetings vir kleuterkerk of voorskoolse kategese. Eenvoudige Bybelboodskappe gerig op 2-5-jariges met liedjies, aktiwiteite en gebede.
Doen-boek en Aanbiedersgids
Nog 25 volledig uitgewerkte ontmoetings vir aanbieders van kleuterkerk of voorskoolse kategese. Dit is 'n ideale hulpmiddel om vir jong kinders te leer Jesus is baie lief vir hulle.
Doen-boek en Aanbiedersgids
Soos Kleuterkerk 1 en 2 is hierdie ook ’n uitstekende produk vir kleuterkerk, voorskoolse kategese of ouers wat “huiskerk” met hulle voorskoolse kinders wil hou.
In Jong kinders en aanbidding word godsdiensopvoeding en aanbidding geïntegreer. Die aktiwiteite sal kinders van 3-7 help om die geloofslewe op ’n dieper vlak te ervaar. Daar is 39 uitgewerkte lesse, ingedeel volgens elke seisoen in die kerkjaar. Al die hulpmiddels kan uit die boek gefotostateer word.
Families glo saam
Die 9 geloofsgewoontes, wat ouers en kinders saam doen, help gesinne om geloof deel van hulle elke dagse lewe te maak.
Families ontdek saam
Die 10 geloofsmomente help ouers en kinders om saam hulle geloof te verstaan en te vier.
Families vier saam
Die 9 Kerkjaar-aktiwiteite help gesinne om ’n ritme aan hulle geloofsvorming te gee en bewus te bly van God se nabyheid.
Vir algemene navrae, kontak 021 864 8281
Vir bestellings, kontak 021 860 8210 of e-pos [email protected]